ONS UITGANGSPUNT
Skop uit jou skoene op ń asemrowende, geïsoleerde “strand” in een van Suid-Afrika se gunsteling vakansiedorpe, Hermanus, op die beroemde Walviskus. Skink ń wyntjie, staar na die water en geniet seekos in oorvloed.
Ons by De Vette Mossel poog om veel meer te bied as bloot ‘n ete – dit is ‘n ervaring, in ongewone en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en nuutgevondes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus is – net soos ons langs die Weskus maak.
DIE UITSTEKENDE VOORBEREIDING VAN TOP GEHALTE SEEKOS, IN OORVLOED, EN WAARDE VIR GELD, IS ONS ERNS.
Die verskillende disse word voorberei en bedien een na die ander. Ons streef daarna om seekos perfek voor te berei en dadelik te bedien. Dit waarborg vars gemaakte seekos – ‘n moet vir uitstekende seekos.
Skink ń wyntjie
Met aankoms verwelkom ons jou met ‘n gratis glas goeie Kaapse wyn.
Ons het ook ‘n kontantkroeg met fantastiese ‘beach cocktails’, die beste Kaapse wyne en alle ander bekende drankies. Kurkfooi is van toepassing.
TROUES & FUNKSIES
Droom van ‘n troue by die see? Dit hoef nie ‘n droom te bly nie! Gesels met ons om jou troudag waarlik onvergeetlik te maak – jy is dit werd!
Ons Strand-seekosrestaurant is die perfekte “strand” trou venue, waar liefde, romanse, pret en drome saamkom om ‘n pragtige realiteit te word. By De Vette Mossel waarborg ons jou ‘n unieke strand-see omgewing teen onverbeterlike pryse. Kom hou kaalvoet troue op ons “strand” waar ‘n onvergeetlike seekos-buffet bedien word.
Hoekom De Vette Mossel:
- Trou op ons eie “strand”, tussen die see en majestieuse Bolandse berge en vier die heugelike dag saam met familie en vriende, kaalvoet in die sand en met ‘n seekosfees.
- Voortreflike spyskaart teen onverbeterlike pryse.
- Asemrowende foto-geleenthede. Op die talle strande, in ons eie inheemse kuswoud en met wonderskone berge as agtergrond.
- Gesetel tussen die berge en die see – teenaan die water.
- Ons kan ook die hele sit area binne minute toemaak om slegte weer uit te hou.
NB. Volg asb die skakel vir meer inligting en Vrae & Antwoorde oor ons troues.
FUNKSIES
De Vette Mossel leen hom uitstekend tot jaareind-, spanbou- en ander funksies. Ons kan maklik groot groepe hanteer- die Mossel sal maklik tot 140 gaste kan sit! Die atmosfeer is ook idillies vir verbeeldingryke temas – seerowers, “Beach Party”, Hawaii, “Fun on the Beach”, ens.
Belê in jou belangrikste bate – jou personeel. Hulle is dit werd!
WEER
Hoewel De Vette Mossels gedeeltelik ‘n opelug restaurant is, is alle sitplekke onder afdak en beskerm teen wind en reën.
En as dit dalk reën – moet net nie kla nie. Dis Afrika en reën is altyd ‘n seëning.
Wie’s Ons? Waar het dit begin?
Gestig in Desember 2004
Te danke aan die deurgaanse ondersteuning deur ons nuutgevonde Mossel vriende het De Vette Mossel bly groei. Dit was onvermydelik dat sukses moes oorspoel en in 2012 is die eerste vure van De Vette Mossel Harties in Hartbeespoort aangesteek, in 2013 maak De Vette Mossel Parys oop, en in Desember 2018 De Vette Mossel Hermanus- téén die lagoon met sy eie “strand”.
Hier is jy in die uiters bekwame hande van Gustave en Charné du Bois wat woonagtig is te Hermanus. Hulle het grootgeword met De Vette Mossel sedert die heel begin, en is mal oor kreefduik en om die see te geniet.
Die braaiers, skoonmakers en kombuispersoneel is ‘n storie op sy eie. Net werklose mense is aangestel, opgelei en vandag is hulle onlosmaakbaar deel van De Vette Mossel-familie. Sonder hulle is De Vette Mossel nie moontlik nie – daarom dat hulle ook in die winste/vrugte van sukses deel.
ONS STREEF OM
'n Onvergeetlike en tradisionele, eg Weskus ervaring na almal te bring in 'n lekker, ontspanne en gesellige atmosfeer.
‘n Unieke belewenis, eerlike seekos in oorvloed, kwaliteit & waarde vir geld te bied
'n Positiewe verskil te maak in die lewens van ons werknemers en gemeenskappe waarin ons bedien.
Uitnemendheid en passie na te streef in alles wat ons doen.
Agter Watter Duin?
DE VETTE MOSSEL @ HERMANUS is teenaan die Klein Rivier Strandmeer by die Prawn Flats naby Grotto Strand, Hermanus. (Tussen disse baljaar die jongklomp – en die jonk van gees – in die lagoon).
Van die R43 op pad na Stanford nes jy Hermanus uitgaan, neem die eerste afdraai na regs by die bordjie “Prawn Flats”
Gaste kan afgelaai word by die restaurant se deur (“Drop off & go”), maar kan bo parkeer op die parkeerarea.
Gallery
disse
gange
venues
Kontak Ons
Bel of Whatsapp
DE VETTE MOSSEL @ HERMANUS IS DIE HEELJAAR OOP!
SKOOL VAKANSIES: AMPER ELKE DAG
TYE:
SONDAG MIDDAGETE 12:00-15:00
FUNKSIES MEER AS 25 MENSE: – ENIGE DAG!
NB. MAAK ASB 100% SEKER DAT U BY DIE REGTE DE VETTE MOSSEL BESPREEK – DE VETTE MOSSEL @ HERMANUS
Ons is heeltemal rolstoel vriendelik en het selfs n toegewyde rolstoel oprit.
Bespreek Nou
R350
Per Volwassene
R310
Per pensionaris
(buite seisoen)
R310
Per hoërskoolkind
R160
Per laerskoolkind
R95
Voorskools
R0
3 jaar en jonger
Tariewe is onderhewig aan veranderinge – een keer ‘n jaar op 1 Desember.
NEEM KENNIS ASB: Goed toegeruste kontantkroeg is beskikbaar! Ons het ook krediet/ debietkaart geriewe.
Besprekings is noodsaaklik. Eerstens om u teleurstelling te spaar en tweedens om ons in staat te stel om behoorlik vir u voor te berei.
De Vette Mossel behou die reg voor om ‘n sessie te kanselleer indien die minimum aantal gaste nie bereik word nie.
Wat ons kliënte sê
Op Die See
GROOTBRAK, MOSSELBAAI
Langs die dam
HARTIES, HARTBEESPOORTDAM
Die dorp van kos
PARYS